Yoh. Pilates oppe Sondag oggend. In die woorde van die geagte Michaelangelo, (die een uit Lambertsbaai) "jou ma se purringbak! "
Ek swiet my smartie af en die spagetti goes oppie stage le^ so relaxed mens sal dink haar siel het haar lyf verlaat. Maar dan skieluk move die geramte. Ja sy is so maar. Nogal vol style en grace strek sy vooruit om haar tonne te touch. En ek dink daais mos maklik. Ek kan daai doen. En ek try maar die blerrie broodbluk wat op my skoot le^ is heeltemal innie pad. En ek kannie eens aasem kry nie want die twee melk kanne voor my gesig versmoor my. Sies, pathetic. Ek kyk so langs my en sien die auntie sukkel en kreun ook. Voelie uintlik better nie want mens kan sien die tannie trek al pension. Het sieker kinders wat ouer as ek is.
Yoh wanneer het ek so vet geword? Ai, baatnie ek try nou om uit te figure pressies watter chiproll my oor die gewigs lein gestood het nie. Ek kannie eers by my vet tonne uitkom nie.
Ek moet weer begin haardloop. Al kom ek laaste. Al skut my vet. Ek gaan die vet rolle afskut. Fok man, twee jaar terug het ek gese^ "I'm bringing sexy back". Sexy het haar way verloor maar watch die space. Watch net.
No comments:
Post a Comment